Saai sê ANC se landbouplan sal nie werk nie
Die Suid-Afrikaanse landbou-inisiatief, Saai, sê die ANC-regering se breë plan vir landbou en landbouverwerking voldoen nie aan die minimum vereistes vir regverdigheid, inklusiwiteit of deursigtigheid nie en is daarom tot mislukking gedoem. Die plan se doel is om voedselsekerheid te bewerkstellig, plaaslike gebruik aan te moedig, invoere te beperk, en die sektor te hervorm. Saai sê die plan het drie basiese foute: Dit is in geheel op die ANC se eng ideologiese idee van grondbesit gebaseer; dit is ‘n waardeketting-gedrewe plan; en die belange van die huidige geslag kommersiële familieboere word nie duidelik verwoord nie.