SAA-raad in die geheim aangestel – Numsa

Die Suid-Afrikaanse nasionale metaalwerkers-vakbond, Numsa het die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, daarvan beskuldig dat hy in die geheim ‘n nuwe raad vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens aangestel het. Gordhan het gister aangekondig dat hy ‘n tussentydse raad van agt lede vir die SAA aangestel het, met die voormalige minister van Toerisme, Derek Hanekom, as voorsitter. Dit is die agtste raad binne 14 jaar wat toesig sal hou oor die nasionale lugdiens. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle is ingelig dat Gordhan die hele direksie tot geheimhouding sou gedwing het. Numsa voer aan dis om sy vermeende korrupsie te verdoesel: