SAA het meer as 10 keer meer nodig as wat Enoch gegee het

Takatso Aviation het die buurland se minister van finansies, Enoch Godongwana, se reddingsboei van 1 miljard Suid-Afrikaanse rand aan die Suid-Afrikaanse Lugdiens verwelkom, maar sê dis nie genoeg om die res van die lugdiens se historiese skuld te delg nie. Sedert die Takatso-ooreenkoms sowat 20 maande gelede aangekondig is, hou hulle vol dat hulle nie aanspreeklikheid aanvaar vir die SAA se skuld voor die oorname nie. Volgens die ooreenkoms kry Takatso 51 persent aandele in die staatsbeheerde lugdiens. ‘n Woordvoerder, Thulasizwe Simelane, sê die SAA se historiese skuld beloop 13,5 miljard rand: