SA20 voorlopers, Durban’s Super Giants, onthaal Super Kings

Krieket: Die voorloper span op die SA20-punteleer, Durban’s Super Giants, is vanmiddag die gashere vir die Joburg Super Kings. Die span van Johannesburg is tans vyfde op die punteleer nadat hulle een van hulle vorige wedstryde gewen en een verloor het. Giants het albei hulle eerste twee wedstryde gewen en is saam met Paarl Royals gelyk op agt punte. Môre gaan die derde en vierde spanne op die punteleer, MI Cape Town en die verdedigende kampioen, Sunrisers Eastern Cape, sake uitspook op Nuweland.