SA20, toetskrieket kan saamloop, sê Graeme Smith

Krieket: Die kommissaris van die SA20, Graeme Smith, glo die gewilde reeks kan saamloop met toetskrieket. Die oud-nasionale kaptein het reageer op die omstredenheid omdat Suid-Afrika ‘n tweederangse groep na Nieu-Seeland stuur vir twee toetse omdat nasionale spelers hulle moes verbind aan die SA20. Sewe van die spelers in die groep het nie vantevore vir die Proteas gespeel nie, waaronder die toerkaptein, Neil Brand. Smith sê beide formate kan saam groei, en wys daarop die T20-toernooi word net oor vier weke per jaar gespeel.