SA20: Super Kings onttroon Super Giants

Die Joburg Super Kings het die voorlopers van die SA20-reeks, die Durban Super Giants, op die Wanderers geklop om by die uitspeelronde in te glip. Hulle het ‘n teiken van 204 gejaag na hulle die Super Giants gevra het om eerste te kolf. Kaptein Faf du Plessis en Leus du Plooy het alles in die stryd gewerp en 102 om die eerste paaltjie in slegs nege boulbeurte gemoker om die Super Kings tot ‘n oorwinning van sewe paaltjies te lei. M-I Cape Town het vroeër in Kaapstad die onderspit teen die Pretoria Capitals met vier paaltjies gedelf.