SA wyndruif-oes 7% laer as vorige seisoen

Die wynbedryf-organisasie Vinpro berig 2024 se wyndruif-oes het 1,09 metrieke ton opgelewer, wat ‘n afname van sewe-persent teenoor die vorige seisoen toon. Die bestuurder van Consultation Services, Etienne Terblanche, sê sorgvuldige beplanning en aanpasbaarheid kan klimaatsuitdagings oorkom. Hy sê ondanks ‘n kleiner oes, is wynmakers optimisties oor die gehalte, veral van rooiwyn-druiwe. Suid-Afrika is die wêreld se sewende grootse produsent, en die oes word beskou as ‘n bewys van die bedryf se veerkragtigheid en verbintenis tot gehalte.