SA werkloosheidskoers neem toe in vierde kwartaal

Statistiek SA het aangekondig 22 000 minder mense het in die vierde kwartaal van verlede jaar werk gehad. Die uitslae van die Kwartaallikse Arbeidsmagopname dui aan die amptelike werkloosheidskoers het van 31,9-persent in die derde kwartaal tot 32,1-persent toegeneem. Indiensneming in die formele sektor het afgeneem, terwyl indiensneming in die informele sektor toegeneem het. Nywerhede wat werk verloor het, sluit in gemeenskaps- en maatskaplike dienste, konstruksie, landbou, handel en vervaardiging. Werksverliese is aangeteken in die Oos-Kaap, Limpopo, Noordwes en die Noord-Kaap. Die grootste toename in indiensneming is in KwaZulu-Natal aangeteken, gevolg deur Mpumalanga en die Wes-Kaap.