SA Weermag ontken soldate het hulself oorgegee

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het berigte ten sterkste verwerp dat twee van sy soldate wat in die Demokratiese Republiek die Kongo ontplooi is, hulleself aan die M23-rebelle sou oorgegee het. Die weermag-ontplooiing is deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se sending. Volgens die National Security News is die soldate verlede week deur M23-rebelle gevange geneem. Weermag-woordvoerder, Siphiwe Dlamini, sê rekenskap is gegee van ál die soldate wat in die DRK ontplooi is.