SA Weermag moet dringend hersien word: DA

Die DA sê die Departement van Verdediging en Militêre Veterane het sy hulpbronne wanbestee, wat duidelik blyk uit die 3,4-miljard-rand in ongemagtigde uitgawes en onregmatige besteding van 338-miljoen-rand. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag kort tans befondsing vir 62-persent van sy noodsaaklike verpligtinge soos die voortgesette ontplooiing in die Demokratiese Republiek die Kongo. Die DA sê sedert 2008 is meer as 520-miljard-rand bestee aan reddingsboeie, maar die land se verdedigingsvermoë bly swak. Hy sê die Weermag het ʼn nuwe, dringende en omvattende hersiening nodig.