SA Weermag-lede sterf glo van vuur in wagkamer

Vier lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is vermoedelik aan koolstofmonoksied-vergiftiging in Noordwes dood. Hulle was aan diens as deel van Operasie Vala Umgodi wat onwettige mynbedrywighede bekamp. Die SANW-woordvoerder, Siphiwe Dlamini, sê voorlopige bevindings dui daarop dat hulle vermoedelik in ʼn houer in die wagkamer vuur gemaak het omdat die nag so koud was: