SA water-infrastruktuur ervaar struikelblokke  

Die Suid-Afrikaanse minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, sê die versekering van watergehalte in munisipaliteite regoor die land bly ‘n top-prioriteit. Talle uitdagings belemmer egter pogings in hierdie verband. Mchunu het op ‘n nuuskonferensie oor die vrystelling van die Tussentydse Blou-, Groen- en Geen Druppel-verslae gepraat oor die verskillende struikelblokke waarmee sy departement te kampe het. Hy sê onder hierdie is vervalle infrastruktuur en onvoldoende instandhouding, wat bydra tot die verdagte gehalte van water in sekere gebiede.