SA vroue klop Sri Lanka met sewe paaltjies
Krieket: Die kaptein van die Protea-vrouespan, Laura Wolvaardt het 110 in Kimberley gemoker om Suid-Afrika ‘n sewe-paaltjie-oorwinning in die tweede een-dag-internasionale wedstryd teen Sri Lanka te besorg. Wolvaardt het nóg ‘n honderdtal-vennootskap gedeel met Marizanne Kapp, wat met ‘n onoorwonne 80 spog. Die Proteas het die wenlopies geslaan met 14 balle oor vir ‘n beurt van 233 vir drie. Sri Lanka is vroeër vir 229 uitgehaal. Die derde en laaste wedstryd vind Woensdag in Potchefstroom plaas nadat die weer die eerste een in Oos-Londen in die wiele gery het.