SA vroue beklink T20-reeks teen Pakistan

Krieket: Die Suid-Afrikaanse vroue het die T20-reeks teen Pakistan met 2-1 beklink met ʼn oortuigende oorwinning met agt paaltjies in Multan. Pakistan is ingestuur om te kolf nadat kaptein Laura Wolfaardt die loot gewen het en het 153 vir 5 aangeteken. Aanvangskolwer Tasmin Britz is gestonk vir ʼn nulletjie met die telling op drie. Wolvaardt en Anneke Bosch het daarna beheer geneem voor Bosch beseer uitgetree het op 46 met Suid-Afrika op 84 vir een. Annerie Dercksen het met ses viere en drie sesse die wenlopies behaal met nog nege balle oor.