SA vra Rusland om onmiddellik sy magte uit Oekraïne te onttrek

Suid-Afrika het Rusland gevra om onmiddellik sy magte uit Oekraïne te onttrek ingevolge die Handves van die Verenigde Nasies. Dit bepaal alle lidlande moet hulle internasionale geskille vreedsaam besleg, op so ‘n manier dat internasionale vrede en sekerheid, en geregtigheid nie in gevaar gestel word nie.