SA-vloot se oefeninge met Rusland, China, is onaanvaarbaar

Die Desmond en Leah Tutu Nalatenskap-stigting veroordeel die Suid-Afrikaanse regering se besluit om vlootoefeninge saam met Rusland en China te hou. Meer as 300 Suid-Afrikaanse soldate gaan na verwagting volgende maand aan die tiendaagse militêre oefening deelneem. Janet Jobson van die stigting sê die ANC-regering se besluit kom neer op ‘n verklaring dat Suid-Afrika hom by die oorlogstryd teen Oekraïne aansluit. Jobson versoek President Cyril Ramaphosa om leierskap te toon en die planne te kanselleer: