SA verwelkom Geregshof se opinie oor Israel se praktyke
Suid-Afrika verwelkom die Internasionale Geregshof se raadgewende opinie oor Israel se praktyke in die besette Palestynse gebied, wat Oos-Jerusalem insluit. Die hof het herbevestig Israel se teenwoordigheid in die gebied is onwettig en keer Palestynse selfbeskikking. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Ronald Lamola beklemtoon die behoefte aan onmiddellike internasionale optrede om Israel se besetting en menseregteskendings te beëindig, en veroordeel dit as ‘n vorm van apartheid. Hy voeg by daar is nou ‘n bykomende regsverpligting op alle lande om medepligtigheid te beëindig in Israel se onwettige optrede en om internasionale wette te respekteer.