SA verwag meer as 6 miljoen oorgrens-reise
Die Grensbestuursowerheid verwag meer as ses-miljoen mense sal hierdie feestyd die land se grense oorsteek. Kommissaris Michael Masiapato verwys na planne om oorgrens-misdaad en onwettige immigrasie te bekamp, en waarsku ook oor geslagsgeweld op grensposte. Die owerheid, in samewerking met Maatskaplike Ontwikkeling, sal kwesbare vroue en kinders beskerm. Masiapato sê Binnelandse Sake het ook hulle kantoorure by bepaalde grensposte verleng om opeenhoping te voorkom.