SA verwag herstel in eiendomsmark

Die bydraende ekonoom van BetterBond Property Brief, Roelof Botha, sê die uitslag van die verkiesing is goed ontvang in die mark vir nuwe huislenings, met die nuwe regering van nasionale eenheid daartoe verbind om die grondwet te beskerm en die beginsel van privaat eiendomsreg te handhaaf. Volgens Botha word ‘n verdere herstel van bedrywighede in die residensiële eiendomsmark voorsien, asook ‘n moontlike verlaging in die rentekoers.