SA veroordeel toenemende geweld in die Midde-Ooste

Die Suid-Afrikaanse regering het sy kommer uitgespreek oor die onlangse toename in sterftes in die Midde-Ooste, insluitend die sluipmoord op Hassan Nasrallah in Libanon. Meer as 720 mense is in Israeliese aanvalle op Libanon dood, 211 000 mense dakloos gelaat en gesondheidsorgsentrums gedwing om te sluit. Suid-Afrika vra vir ‘n onmiddellik skietstaking, die navolging van internasionale reg, en deursigtige ondersoeke. Die regering eis aanspreeklikheid en wêreldwye pogings om verdere geweld te voorkom. Hy sê hy staan in solidariteit met die regering van Libanon en bied sy steun vir die nagevolge van die aanvalle.