SA verklaar voedseloordraagbare siektes tot nasionale ramp
Die Nasionale Rampbestuursentrum het ‘n nasionale ramp verklaar weens ‘n toename in voedseloordraagbare siektes as gevolg van swak voedselveiligheid. Minstens 890 gevalle van voedseloordraagbare siektes is hoofsaaklik in Gauteng en KwaZulu-Natal aangemeld en in die lig hiervan word ‘n multisektorale noodlenigingsplan voorgestel. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het tydens ‘n media-inligtingsessie gesê die regering werk aan ‘n plan om die krisis aan te pak en voedselveiligheid landwyd te verbeter.