SA verklaar handelsdispuut met EU

Suid-Afrika het panele by die Wêreldhandels-organisasie en die Dispuutbeslegtingsliggaam versoek om die Europese Unie se regulasies oor swartvlek en valskodlingmot te ondersoek. Die regering voer aan hierdie maatreëls is onwetenskaplik en diskriminerend, en benadeel plaaslike sitrusboere. Die sitrusbedryf in Suid-Afrika is deurslaggewend aangesien hy plaaslik 140 000 werksgeleenthede ondersteun. Die totstandkoming van hierdie panele is Suid-Afrika se eerste geskil wat verby die paneelstadium vorder by die Wêreldhandels-organisasie. ‘n Besluit word oor nege maande verwag.