SA verkiesingsuitslae later bekend as gewoonlik

Die Verkiesingskommissie se hoof, Sy Mamabolo, sê dis moeilik om te bepaal wanneer die eerste verkiesingsuitslae sal begin inkom. Die stempersentasie is hoog en daar is drie stembriewe per kieser wat getel moet word. Hy sê in die verlede het uitslae teen eenuur die oggend begin inkom, maar beklemtoon dit gaan nie nou die geval wees nie. Mamabolo verduidelik die telproses, wat sal begin sodra die stemmery afgehandel is.