SA verkiesingsuitslae begin inkom

Die eerste verkiesingsuitslae is net ná middernag bekendgemaak. Dit is afkomstig van die Mbizana Baptistekerk in die Madikizela-Mandela-munisipaliteit in die Oos-Kaap. Die ANC het 60,7-persent van die stemme ontvang, die EFF 17,8, die pasgestigte MK-party 10,4, die UDM 4,9 en die DA drie-persent. Sommige van die stemdistrikte in KwaZulu-Natal is deur die MK-party verower, insluitend Mooi Mpofana, waar hulle 52-persent van die stemme ontvang het, gevolg deur die ANC en die DA. Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die drie stembriewe het die telproses vertraag.