SA verkiesingsdatum nog hangende

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê hy is gereed vir die sewende demokratiese verkiesing wat vir volgende jaar geskeduleer is. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, het tydens die bekendstelling van 2024 se algemene en provinsiale verkiesingsveldtog op die Gallagher-landgoed in Gauteng gepraat. Hy sê die datum vir die verkiesing moet nog bevestig word. Mamabolo verduidelik gesprekke is tans aan die gang, en president Cyril Ramaphosa sal die amptelike aankondiging doen sodra die datum vasgestel is.