SA verkiesing sal nadraai in Namibië hê
Suid-Afrika se algemene verkiesing vind môre plaas. Volgens berigte het die ANC se steun gedaal, en is daar ‘n goeie kans dat die party nie bo 50 persent van stemme gaan kry nie. Kommentators verwag dat die ANC na 30 jaar nie meer aan bewind sal wees nie en dat koalisies die land kan regeer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, wat sê die impak van die uitkoms kan Namibië affekteer.
Kariithi sê die jonger garde in Namibië sal met ander oë kyk na die uitslag in die buurland.