SA verhoog alle maatskaplike toelaes

Suid-Afrika se finansminister, Enoch Godongwana, sê die 350 Suid-Afrikaanse rand toelaag vir maatskaplike noodhulp sal van die eerste van volgende maand verhoog word met 20-rand. Hierdie besluit volg ná president Cyril Ramaphosa se verbintenis om die toelae uit te brei en te verbeter, sedert dit in Mei 2020 bekendgestel is. Die toelaag is aanvanklik ingestel om die armstes tydens die Covid-19-pandemie te ondersteun. Dit help nou sowat nege-miljoen mense teen ‘n koste van 33,6-miljard rand. Ander maatskaplike toelaes sal ook verhoog word, insluitend die ouderdomstoelaag, kinderondersteuningstoelaag en ongeskiktheidstoelaag.