SA Toerisme se omstrede sokker-borgskap is ongeldig  

Die Suid-Afrikaanse minister van toerisme, Patricia de Lille, sê SA Toerisme se voorgestelde borgskap van 900 miljoen Suid-Afrikaanse rand van Tottenham Hotspur is ongeldig en onwettig. De Lille het by ʼn media-inligtingsessie gesê die borgskap-ooreenkoms is reeds ʼn ruk lank in die openbare domein en sy het die warm patat geërf toe sy vroeër vandeesmaand in die portefeulje aangestel is.