SA-toergids en Kosmos-aanhanger loof Namibië en NamibiërsOctober 16, 2023

‘n Video het by Kosmos 94.1 op WhatsApp aangekom van ‘n Suid-Afrikaanse man wat Namibië loof. Die man het die video gemaak na sy 4×4-toer van die land afgesluit het. Kosmos 94.1 het op sy Facebook-blad die video gedeel en aanhangers gevra om hom te identifiseer. George van Deventer van Trans Africa Self Drive Adventures and Tours in die Wes-Kaap is opgespoor en die nuusspan het hom geskakel. En raai wat? Hy luister net na Kosmos 94.1…