SA Tesourie soek meer privaat infrastruktuur-beleggings
Die SA Nasionale Tesourie sê as deel van infrastruktuurhervormings word die privaat sektor toegelaat om méér in infrastruktuurvoorsiening te belê. Die Tesourie vereenvoudig en hervorm op die oomblik die openbare venootskapsraamwerk met die privaat sektor om beleggings in te sluit. Die Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê die uitdagings van die voortslepende energiekrisis, ‘n verswakkende en onbetroubare logistieke stelsel, gebrekkige infrastruktuur en klimaatrisiko’s vereis die tegniese én finansiële steun van die private sektor.