SA suikerbedryf in diep moeilikheid

Die Suid-Afrikaanse Suikervereniging waarsku die suikerbedryf moet diversifiseer om permanente sluiting te verhoed. Die bedryf is in die landelike KwaZulu-Natal en suidelike Mpumalanga gekonsentreer. Die organisasie is besorg oor die kritieke uitdagings wat die bedryf in die gesig staar. Ondanks die stabilisering van plaaslike verkope die afgelope drie jaar, het jaarlikse suikerproduksie die afgelope 15 jaar met 25-persent afgeneem. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Trix Trikam, sê die bedryf sal nie nog ʼn skok kan oorleef nie.