SA studentevakbond soek nie polisie op kampusse

Die studentevakbond, South African Union of Students, wil hê universiteite moet afsien van die ontplooiing van die polisie en veiligheidstroepe op kampusse. Hulle doen ‘n beroep op Hoër Onderwys om ‘n ander stelsel te skep wat hardhandige optrede deur polisie op kampusse kan hanteer. Die vakbond se woordvoerder, Yandisa Ndzoyiya, sê die teenwoordigheid van die polisie op kampusse is een van die aanleidende oorsake van studente se verset en geweld.