SA stel taakspan saam om verpligte inenting te ondersoek

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die regering het ‘n taakspan saamgestel wat verpligte inenting teen Covid-19 sal ondersoek vir spesifieke aktiwiteite en plekke. Hy het die land gisteraand toegespreek oor die Covid-19-pandemie. Ramaphosa sê die taakspan sal verslag doen aan die interministeriële komitee oor inentings onder voorsitterskap van adjunkpresident David Mabuza. Mabuza sal aanbevelings aan die kabinet maak oor ‘n regverdige en volhoubare benadering tot entstofmandate.

Intussen sê Ramaphosa die regering is diep teleurgesteld oor die besluit van verskeie lande om reisigers uit ‘n aantal Suider-Afrikaanse lande te verbied ná die identifisering van die Omikron-variant.