SA stel arbeidskwotas vir buitelanders in

Die Suid-Afrikaanse arbeidsminister, Thulas Nxesi, sê die Nasionale Arbeids-migrasiebeleid gaan nuwe kwotas instel op buitelanders wat toegelaat sal word om in vername ekonomiese sektore te werk. Dit sluit landbou, gasvryheid en die boubedryf in. Nxesi het op ‘n nuuskonferensie oor die beleid en voorgestelde wysigings aan die Wet op Arbeidsdienste gesê die debat oor die indiensneming van buitelanders duur al geruime tyd voor.