SA steeds op gryslys

Die Finansiële Aksie-taakspan het Suid-Afrika aangespoor om sy vermoë te bewys om ingewikkelde geldwasserysake te vervolg en nakoming te verbeter om van die gryslys verwyder te word. Die internasionale waghond teen finansiële misdaad het Suid-Afrika in Februarie op die lys geplaas weens die nie-nakoming van standaarde teen geldwassery en terreurbefondsing. Die organisasie is op soek na bewyse van owerhede wat beslag lê op die opbrengste uit belangrike misdadige bedrywighede, en saam met internasionale vennote werk om finansiële misdade te bekamp. Suid -Afrika moet ‘n nakomings-aksieplan instel wat voorheen met die taakspan opgestel is.