SA staatsdepartemente geroskam oor laat betalings

Meer as 60-persent van die buurland se staatsdepartemente loop deur onder kritiek oor vertraagde betalings aan verskaffers. Volgens die Staatsdienskommissie het slegs 17 uit 40 nasionale departemente in die tweede kwartaal van 2023/2024 betyds aan die betalingsvereistes voldoen, ‘n effense verbetering vanaf die eerste kwartaal. Die Kommissie se woordvoerder, Anele Gxoyiya, sê sommige van die redes vir die vertragings, sluit in begrotingsbeperkings, dispute oor fakture, interne kapasiteitskwessies en laat magtiging.