SA staan op die rand van ‘n fiskale afgrond

Ekonome waarsku dat Suid-Afrika besig is om oor ‘n fiskale afgrond te tuimel, wat beteken dat die regering nie meer geld het om sy uitgawes te dek nie. ‘n Professor aan Wits se Sakeskool, Jannie Rossouw, sê daar is drie maniere om die land se val oor die fiskale afgrond te stuit, naamlik om méér geld te leen, om belasting te verhoog of om regeringsbesteding te besnoei. Rossouw sê die regering kan egter nie nóg geld leen nie omdat dit sy kredietgradering sal beïnvloed, terwyl die verhoging van belasting nie veel sal help nie. Hy sê mense wat hoë salarisse verdien en 20 persent inkomstebelasting betaal, sal bloot emigreer.