SA sportminister Kodwa bedank

Suid-Afrika se minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, het bedank. Kodwa is in die landdroshof in Palm Ridge in Gauteng aangekla van korrupsie, saam met die voormalige uitvoerende hoof van EOH Holdings, Jehan Mackay. Die maatskappy het na bewering regeringskontrakte van 460-miljoen Suid-Afrikaanse rand gekry toe Kodwa adjunkminister van Staatsveiligheid was. Hy is glo met 1,6-miljoen-rand omgekoop. Die woordvoerder, Litha Mpondwana, sê Kodwa waardeer die mense saam met wie hy gewerk het.