SA spanne skop hulle VRK-veldtogte af
Rugby: Die vier Suid-Afrikaanse spanne begin môre met hulle nuwe seisoen van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Leeus is die gashere vir Ulster in Johannesburg en die afskoptyd is net voor een-uur. Die Bulle en Edinburgh sê mekaar drie-uur die stryd aan op Loftus, waarna die spanne bietjie gaan uitspan en die wedstryd tussen die Springbokke en Argentinië in Mbombela kyk. Die Haaie se wedstryd teen Connacht in Galway begin 8.35, terwyl die Stormers Ospreys dieselfde tyd in Bridgend pak.