SA skole Maandag gesluit

Die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys sê leerders sal nie deur die EFF se nasionale stilstand geraak word nie aangesien skole Maandag gesluit is en Woensdag heropen. Die woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die departement het besluit om die dag ʼn vakansiedag te maak want dit val tussen Sondag en Dinsdag, wat Erfenisdag is. Hy het leerders ook gewaarsku om nie aan die EFF se beplande verset-optrede deel te neem nie. Mhlanga sê sekerheid is in geteikende skole opgeskerp om vandalisme te voorkom.