SA skiet kort in herwinning van aluminium

Suid-Afrika se aluminiumherwinning is glo agter wêreldneigings met lae herwinningsyfers en onvoldoende infrastruktuur. Produkte wat van herwonne aluminium gemaak word, gebruik sowat 80-persent minder krag teenoor die vervaardiging van nuwe aluminiumprodukte. Die uitvoerende hoof van die Aluminiumfederasie van Suid-Afrika, Muzi Manzi sê die grootste uitdagings in die sektor is die hoë koolstofvoetspoor en onbeheerde uitvoer van skrootmetaal. Hy is ‘n voorstander van strenger uitvoerbeheermaatreëls en meer bewusmakingsveldtogte om herwinning ‘n hupstoot te gee.