SA sitrusbedryf in die knyp oor nuwe EU-uitvoerreël

Die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf is in die knyp oor ‘n nuwe verordening. Die nuwe appelmot-verordening sal poog om die invoer van Suid-Afrikaanse lemoene na Europese Unie-markte streng te beheer. Die verordering vereis lemoene wat verskeep word moet vooraf verkoel word tot onder twee grade Celsius en vir 20 dae hierdie temperatuur handhaaf. Die Sitruskwekers-vereniging herhaal sy kommer weens beurtkrag. Die uitvoerende hoof, Justin Chadwick, sê ‘n belegging in koue bergings-tegnologie en vermoë van byna 1,4 miljard Suid-Afrikaanse rand is nodig om die verordering ten volle na te kom, wat finansiële druk op vervaardigers sal vererger.