SA Sionistefederasie waarsku oor anti-Israel-resolusies
Die Suid-Afrikaanse Sionistefederasie sê hy steun die Universiteit van Kaapstad-akademici se regsoptrede teen die universiteitsraad se deurvoer van anti-Israel-resolusies. Die federasie waarsku die resolusies kan ‘n negatiewe uitwerking hê op die universiteit se vermoë om donasies in te win, akademiese vryheid en die omgewing vir Joodse studente. Rolene Marks van die organisasie sê die resolusies kan uitloop op aansienlike finansiële verliese en regskomplikasies weens Amerika se anti-boikotwette.