SA sien 1 300 ontvoerde kinders maandeliks

Missing Children South Africa sê meer as 1 300 gevalle van ontvoering word elke maand by die polisie aangemeld. Dit volg terwyl die soektog na die vermiste ses-jarige Joslin Smith in Saldanhabaai in die Wes-Kaap voortgaan. Matthew Ohlsson wat destyds nege jaar oud was, het reeds in 1997 buite sy huis in Mitchells Plain weggeraak en is nooit gevind nie. Missing Children South Africa se koördineerder, Bianca Van Aswegen, sê tensy dit onlangs gebeur het, word daar nie genoeg aandag gegee aan sake van vermiste kinders nie.