SA se werkloosheidsyfer bly styg
Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal van vanjaar met 0,2 van ‘n persentasiepunt gestyg tot 32,9 persent. Omgeskakel na syfers is dit 179 000 meer werklose mense in die eerste kwartaal vergeleke met die vierde kwartaal van verlede jaar. Poste het hoofsaaklik in private huishoudings, handel, mynbou en die boubedryf verlore gegaan. Statistieke SA sê die aantal werklose mense het toegeneem van 4,9 miljoen in die eerste kwartaal van 2013 tot 7,9 miljoen tien jaar later. Die afgelope dekade het gegradueerde werkloosheid toegeneem van 5,5 tot 10,6 persent.