SA se watergehalte onder die loep die week

Die Suid-Afrikaanse minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu sal ‘n twee-daagse spitsberaad vir Waterdienste-owerhede lei na aanleiding van die Blou– en Geen-Druppel-verslae en die Groendruppel-vorderingbeoordelings-verslag. Donderdag en Vrydag se byeenkoms bring verteenwoordigers byeen van 144 waterdienste-owerhede, om afnemende watergehalte en toenemende nie-inkomstewater te bespreek. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, het met die media gepraat.