SA se vervaardigingsyfers daal, motorbedryf sukkel

Statistieke Suid-Afrika sê die buurland se vervaardigingsuitsette het in September met 0,8-persent gedaal, hoofsaaklik weens swak prestasie in die motorbedryf. Dit is die tweede maand dat uitsette afneem na ‘n daling van 1,2-persent in Augustus. Nicolai Claassen van StatsSA sê die produksie van motorvoertuie, onderdele en vervoertoerusting het met 18,7-persent gedaal, wat ‘n beduidende deel van die algehele afname was: