SA se veiligheidstegnologiemark ‘ryp vir beleggingsgroei’

Navorsing deur die Suid-Afrikaanse gebou-beveiligingsbedryf toon ‘n belowende vooruitsig vir die veiligheids-tegnologiemark. Die ondersoek wat BMi Research vir die Elvey Group-gedoen het, dui daarop dat die veiligheidsbedryf voorberei word vir groei en dat dit ‘n aanloklike beleggingsgeleentheid bied. Die markwaarde van 5,84-miljard Suid-Afrikaanse rand kan na raming groei van 8,6-persent bied tot 2028. Faktore vir die groei sluit in innoverende tegnologie, soos multifokale sensorkameras, private videowaarneming, gesigsherkenning-sagteware en kunsmatige-intelligensietoerusting.