SA sê toeriste moet let op malaria
Die Departement van Gesondheid het mense wat na en van gebiede reis waar malaria endemies of ‘n risiko is, gemaan om die nodige voorsorgmaatreëls te tref sodat hulle nie die siekte opdoen nie. Malaria is ‘n lewensgevaarlike siekte wat aan die mens oorgedra word wanneer besmette wyfiemuskiete iemand byt. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê meer as 7 400 malariagevalle is reeds van Januarie tot Oktober in die land aangemeld. Hy sê 1 105 gevalle het in dié tyd net in Gauteng voorgekom, waarvan tien mense dood is.