SA se staatsbeheerde instellings bly in die nuus

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid sê die onbestendigheid op staatsbeheerde instellings se raads- en uitvoerende vlak het ʼn vernietigende uitwerking op die ekonomie. Eskom en Transnet was onlangs in die kollig nadat belangrike uitvoerende hoofde op die twee staatsinstellings se bestuur en rade binne ʼn kort tydjie bedank het. Die kamer se uitvoerende hoof, Mpho Makwana, sê hulle het ook gewonder of dit reg is dat die kabinet met sy eie beperkte ervaring van korporatiewe leierskap die aanstellings by ondernemings in staatsbesit moet doen: